Excerpt for Hartswoorde by , available in its entirety at Smashwords




Hartswoorde



Copyright 2017


SA Digters



Uitgewer: Groep 7 Drukkers en Uitgewers (Pty)Ltd

Eerste Druk: 2017

ISBN: 978-1-928405-50-4


Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie boek mag sonder skriftelike verlof van die uitgewer gereproduseer of in enige vorm of langs enige elektroniese of meganiese weg weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, plaat- of bandopname, mikroverfilming of enige ander stelsel van inligtingsbewaring.


Saamgestel en versorg deur:

Riana le Roux

Elsabe de Beer

Leoni Benghiat

Omslagontwerp: Mariaan Lock

Tipografiese versorging: Liezl Strydom


Opgedra aan:

Al die skrywers van SA Digters: Facebook-blad: SA Digters.


Erkenning word hiermee gegee aan:

Leoni Benghiat en Elsabe de Beer - vir die proeflees van ons werk.

Riana le Roux, Leoni Benghiat, Elsabe de Beer vir keuring van die gedigte uit meer as 150 inskrywings vir die bundel.

VOORWOORD

DEUR ITA FRONEMAN



SA DIGTERS SE EERSTE LIEFDESBUNDEL

Ek beskou dit as ‘n wonderlike eer om iets heel voor te mag skryf vir hierdie dinamiese diggroep onder leiding van Riana le Roux, Elsabe de Beer, Ria Fourie en Werner Wehmeyer.


Onder aanvuurwerk van Elsabe het hierdie groep op die kuberblad bykans oornag ontplof met gretige Digters wat hier ‘n platvorm gevind het om hul gedigte te verwoord.


Die Bundel “Hartswoorde” verwoord ‘n verskeidenheid liefdestemas. Naasteliefde, liefde vir jou lewensmaat, liefde vir die natuur en die Agape-liefde vir God, was die wegspringblokke vir gretige Digters wat die geleentheid met ope arms aangegryp het om saam te kan bundel met ander lede van die blad.

Hierdie unieke geleentheid gee digters die motivering om hul belangstelling vir Digkuns uit te brei en konkreet te kan visualiseer.

Die Digters kom uit alle dele van ons land en oorsee, sommige is reeds kranige digters en ander het sopas hul voete gevind en nou kan almal hande neem in hierdie wonderlike geleentheid om saam te kan publiseer.


Hierdie Hartswoorde is soos kosbare hartsgoed , hou-goed, huis-goed wat mens doekvoet wil hanteer en hoog ag, elke dag aan vroetel soos aan fynverweefde Brusselse kant.

Ek kan nie wag om hierdie kosbare bundel self te kan lees en deursnuffel en geniet nie!

Ita Froneman


Bladeienaar van Digdrome - Traum Poetica en Digterslypskoolblad



INHOUDSOPGAWE

Voorwoord

Jou hand - Sybie

Ek wens - Riana le Roux

Wat is liefde - Corrie Bezuidenhout

Wat is liefde … - Amelda Senekal

Geliefde - Magdel Roets

Nuwe liefde - Ria Fourie

Duisend - Sybie

Drie-eenheid - Ria Fourie

Aan my hart hang 'n traan -Ansie Drotsky

Ek wil - Amanda Oosthuizen

Liefde van staal - Gert Jakobs

God se liefdeslied - Adele Stanhke

Ek wou nog - Sonja Brown

Dagbreek-liefde - Riana le Roux

My Wêreld - Sonja Brown

Beminde - Magdel Roets

Liefdes-ode - Christa Roux

Mondigwording van ‘n Huwelik - Jeanny Welgemoed

Mosaïek - Antoinette Venter

Liefde in die Kalahari - Gert Jakobs

Jy is vir my - Douwlina du Plessis

Liefde - Adele Stanhke

Nuwe liefde vir ‘ou’ mense. - Douwlina du Plessis

Ek bring rose - Ans Botha

Sal ek jou weer eendag vind ? - Nella Cilliers

Liefde - Susan Tiervlei

Somerpiekniek-onthou - Amanda Oosthuizen

Een - Leana Perez

Vir jou - Antoinette Venter

Hartklop - Leana Perez

Ink - Jeanny Welgemoed

Ontbrekende woorde - Strooimeisie

Hartsbriefie - Christa Roux

Sewe - Dertig - Gregory Prince

Soet melodie - Marike Erasmus

Verlore Ure - Marike Erasmus

Weersiens - Annalize Booysen

Wals van die liefde - Adele van Zyl

Liefde was die rede - Marion Philander

Eros - Simon Riekert

Verby middernag - Werner Wehmeyer

Liefdesvers - Rosalee Meyer

Goddelike liefdeslig - Elna Kruger

Jy - Marina Bosman

Liefdeslappieskombers - Linda du Plessis

Skryf jy liefde op jou lyf ? - Nella Cilliers

Kupido - Linda du Plessis

Hande - Marina Bosman

Swart Weduwee - Hannes Snyman

Net vir jou - Lee Redél

Winterwind - Strooimeisie

Liefde se eggo - Werner Wehmeyer

Liefde groot ... - Lee Redél

Tuinblomme - Chanyal Pretorius

My droom, my hoop, my gebed - Melinda du Plessis

Ware liefde - Adele van Zyl

Sleutel - Rosalee Meyer

Jy is’ want ‘Ek is’ - Melinda du Plessis

Liefde ragfyn - Riana Barnard Matthee

Liefde se tyd - Simon Riekert

Dans met my - Riana Barnard Matthee

Ek is so lief vir jou! - Ita Froneman

Graftombe van ons liefdesmonument - Ita Froneman

Skadudeur - Zareth Ciska Geyser

Rooi Romanse - Annalize Booysen

Ses pare skoene - Zareth Ciska Geyser

Piet, Pieter, Pietste - Marietjie Uys

Liefde… - Rick Venter

Liefdesdrome - Linda van Niekerk

Liefdespaadjie - Linda van Niekerk

Getoor - Marlize Schutte

Lyftaal - Marietjie Uys

Waar jy wag - Maritza du Preez

Briefie aan Ma - Marion Philander

Jy weet - Maritza du Preez

My pruttelwoorde - Anzé Bezuidenhout

Twee harte as een - Pieter van Loggerenberg

Ons liefde is soos musiek - Magda de Korte

Liefde in die stilte - Marlize Schutte

Tuiskoms - Ronel Dunn

Storietyd - Retha Kelly

Skoppelmaai-lewe - Elsabe de Beer

Ware liefde - Hantie de Beer

Liefdes- Seisoen - BC Hooman

Die skeiding, die afsluiting. - Frikkie Coleman

Herinneringe Elsabe de Beer

Dreunsang van my hart - Phillip Nel

Verhaleskyn van my son - Phillip Nel

Liefdeskind - Chantelle de Wet

Klawerbord en die liefde - Louisa van Vliet

Onthou jy - Caren Kearley

My gantang - Anzé Bezuidenhout

Vergewe van onthou - Ronel Dunn

Volmaakte herinnering - Retha Kelly

Pleister vir my hart - Hantie de Beer

Liefde is … BC Hooman

My beminde…. - Frikkie Coleman



Jou hand


ek vat jou hand

so fyn, so pikant

kyk na die satynlyne

gekerf deur afsloof en sweet se pyne

sag gegraveer

deur trane en hartseer

streel ek my duim oor die rugkant

van jou karaktervolle hand

sonder aartjies

net goudfyn haartjies

soen ek met bebaarde mond

jou fluweel-eeltjies gesond

my twee hande skulp joune warm toe

sodat jy geluk se voorsmaak kan proe

vat jou hand styf in myne

stap ons oor die pynduine

waar die donker hartseer sal verdwyn

en die liefde se helder son skyn

oor berge, deur vlaktes

met saamstap gedagtes

en soos skadubome

is die koelte van ons drome

vat jou hand

en lei jou na my hart se land


© Sybie


Ek wens


ek wens ek kon jou vashou

as seer jou hart verniel

as eensaamheid in donker nag

pynig ook jou siel


ek wens ek kon jou troos

as lewensstorms woed

as water kolkend, malend

jou meesleur, hou net moed


ek wens ek kon jou hand vat

jou lei op regte pad

as blind, jou voete soekend

jy strompel deur jou smart


ek wens ek kon jou soen

as traan jou menswees skaad

my lippe jou verseker

ek lief jou steeds, my maat


ek wens . . .


© Riana le Roux



Wat is liefde


Liefde is 'n aanraking

teer en sag...

‘n sielvolle blik,

‘n begrypende glimlag


Liefde is ‘n stemming

gelukkig of treurig...

gedeel deur twee mense wat weet

hul het mekaar nodig


Liefde is ‘n woord

wat geluk bring...

want dit gee twee mense

die grootste vervulling


Liefde is die geloof

alles kom reg...

al gaan dinge hoe sleg,

liefde is wonderlik...

liefde vir my, is jy


© Corrie Bezuidenhout


Wat is liefde …


Ek is jou ma en sal altyd by jou staan

dis hoekom Jesus mammas gemaak het

want hulle sal altyd verstaan

en daar waar ons gaan

sal Sy teenwoordigheid altyd bestaan


Mammas se harte is sterk gemaak

pasop vir die een wat aan jou raak

mammas se oë is nie toe vir jou foute

maar die lewe het ons darem al gesout


Elke kind is vir sy eie mamma die mooiste

al is jou gesiggie die rooiste

vir jou sal die mamma altyd liefhê

maak nie saak wat wie sê

Al is die mamma ‘n dier

mammas liefde is nie net ‘n gier

dis iets wat vir altyd sal hou

en Hom van bo, oor ons vertrou


© Amelda Senekal


Geliefde


My geliefde, aan jou hartklop

voel ek lewe

polsend in my lyf.

Die deining van jou borskas

onder my kop

stuur asem in my bloedstroom.

'n Sagte streling van jou hande,

of jou lippe

bring warmte

oor my koue vel.

In jou oë sien ek

die weerkaatsing van my siel

soos die eerste oogopslag

toe ek jou herken het.

Jy is ek

en ek is jy.


© Magdel Roets.


Nuwe liefde


Ek is lief vir jou...

ek het vir jou lief geword.

ek het jou liefgekry,

ek het jou lief!


Ek lief jou as jy

met grou onweersoë

jou hartseer en misnoeë

te kenne gee.

Ek lief jou as jy

uit jou maag uit lag.


EK lief jou as jy met

empatie kyk en jou

oë vol trane skiet.

Ek lief jou as jy

met oorgawe deel

dit wat jy al beleef het.


Ek lief jou as jy

my lui-lui nadertrek

teen jou hart,

ek lief jou as jy

my vashou, saggies soen,

liefhet.


EK is lief vir jou

want jy maak

dit baie maklik om

jou so vreeslik

baie lief te hê.


© Ria Fourie


Duisend


die son toor

steenkoolvuur uit die prag van jou hare

in die groen-dans lig van jou oë

vlam die dans van betowering

die vol pienk-rooi

van jou lippe

fluister die wals van verleiding

die vlinder-fladder

van jou ragfyn wimpers

vroetel-pluk aan die snare van my hart

jou liggaam praat in ‘n duisend woorde

jou stem laat glinster ‘n duisend sterre

jou glimlag laat wankel ‘n duisend planete

jy is my melkweg

‘n duisend keer


© Sybie



Drie-eenheid


Heilige Gees, my Trooster

my Leier, my Onderwyser,

my Oor-die-vingers-tikker,

my Mentor

Ek het U lief!


God, my Vader,

my Drie-eenheid se ranglys

is deurmekaar.

Dis mos eerste U, maar

ek dank U dat volgorde

onbelangrik is.


Dankie vir U genade

en U liefde, om Jesus,

my Ouboet vir my te laat sterf.

Ek het U lief.


Ouboet Jesus, ek kon U nie

laat verbygaan nie,

want groter liefde

is daar nie, U lyding, U pyn,

en dit vir my!

Ek het U lief!


© Ria Fourie


Aan my hart hang 'n traan


Twee harte saam gesnoer

deur 'n liefdeslied

wat ons soveel vreugde kon bied,

hartsnare kon roer


maar iewers langs die pad

het ons liefde getaan

terwyl daar aan my hart hang 'n traan

ons loop nou elkeen sy eie pad


winter het kom lê in my hart

nou so leeg en broos

al waarvoor ek kan hoop

dat daar weer in my wintershart

sal kan blom die lenteroos,

ek jou eendag weer sal raakloop


© Ansie Drotsky


Ek wil


Ek wil

vir jou ‘n maat wees

hoekom

het jou hart versteen

intense

smart jou vervreem


Ek wil

klop aan jou

hart se deur

as ek net weet

of dit hard

óf sag moet wees


Sal jy

ooit weer kan lag?

Sal jy

my toelaat

om jou

leed te versag?


Mag ek

probeer om jou

seer te genees

óf

is jou hart

verflenter . . . geskeur?


Ek wil

vir jou ‘n vriend wees

iemand

met wie jy kan praat


© Ansie Drotsky




















Dartelend


Dartelend - die wêreld,

het op sy kop gaan staan.

Die wind dans in die stof,

en die sterre om die maan.


Tussen al die sonne,

wat in jou oë ronddraai

soek ek na stomme antwoorde,

laat jy my siel in sirkels raai.


Dansend soos twee swaeltjies,

speel-speel om mekaar,

raak jy sagkens aan my hare,

en krap my hart so deurmekaar.


Op die langpad deur jou heimwee,

het ek jou gevind my lam.

Bewend in jou arms,

toe jy my soen by Belfastdam.


© Amanda Oosthuizen


Liefde van staal


liefde het sy staal gewys

het in die bres gaan staan

vir my

vir jou


het nie rekening gehou

of terug gehaat nie,

maar het op die heuwel gegaan

as skande gaan staan

vir my

vir jou

het ‘n brug gebou

vir my

vir jou


© Gert Jakobs


God se liefdeslied


die klank van 'n guma-guma trom

die vibrasies van 'n leeu se brul

die gekriek van die kriek

verbreek die nag se stil


die ver geluid van 'n jakkals wat tjank

die gerustellende kat se gespin

die geroep van 'n uil

die onheilspellendheid wat daarin skuil


die uitwerking van die natuur

op 'n mens se gemoed

die kalmerende uitwerking

en die blus van die vlamme wat in jou woed


raak stil en luister na die natuur

dis God se manier om Sy liefdeswoorde aan jou te stuur

die tere aanraking van die wind

in die mis - 'n nat soen soos die van 'n kind

die heimwee in die sonsondergang

die arend wat sy kleintjies "vang"


die vryheid van gees

in die ruheid van die natuur

in die dreuning van die weer

in die sagtheid van seesand

ervaar hoe Sy liefde vir jou brand


wees net jouself, wees vry

laat die lied van die natuur jou lei . . .


© Adele Stanhke


Ek wou nog

Ek wou nog só baie vir jou sê voordat ek finaal sou moes afskeid neem :

van hoe jou nabyheid my in ‘n sagte kokon toeweef en my totaal vanaf

die wêreld om ons afsluit en vervreem terwyl jy my wegvoer na ‘n private

paradys van blou golwe, en sielsrukkende orkane van diep, diep ekstase ...


Ek wou nog sê dat ek seker nie saans aan die slaap sou kon raak as jou

regterarm nie so styf om my middel vasgeklem was en jou nabyheid my

gesus het totdat ek my oë tevrede toemaak en my stadige asemhaling

altoos sou sê dat ek nou van ons twee se vennootskap sal droom nie ...

Dan was daar die stiltye saam wanneer die kinders by maats was en ons

net rustig kon luister na mekaar se klop van die hart en asems wat aandui

dat ons duet, van die opera van ons liefde, perfek vervolmaak was en dat

niemand die note van ons dans van geluk sou kon laat vervals nie…

Dis vreemd hoe twee mense se siele so gebonde kon raak en nie deel was

van aardse venyn van verneuk en vermaak en dat vervreemding nie in

volle swang sou kon verklaar dat een of albei van ons sou verbrokkel

of vervlees en die band van hierdie volmaakte, volronde huwelik verlaat nie…

Wie sal nou my hand neem en lei na my Kanaän van ouds,

wie sal my wierook laat brand in die winter,

hoe sal ek positief voortgaan as my Bethlehemster nou wink van ver?

Want die hand wat my gelei het lê strak hier by my,

ek wou nog só baie vir jou sê voor ons jou, soos nou,

te ruste lê…

Vaarwel, my lief…


© Sonja Brown

Dagbreek-liefde


in vroeë oggenduur

as dagbreek talmend huiwer

breek passie oop

soos rooigranaat

ons liefde bindend, suiwer


die streling van jou

hande teer

jou soene wat my

eisend bind

verdwaal ons saam

in grensloos-reis


Purchase this book or download sample versions for your ebook reader.
(Pages 1-25 show above.)